Monique & Rudolf

Day(s)

:

Hour(s)

:

Minute(s)

:

Second(s)

VIREWIG & ALTYD

Ons Storie

Rudolf en Monique het ontmoet deur gemeenskaplike vriende, net voor die Covid-19 pandemie die wêreld getref het.
Op daardie stadium het Rudolf in die Seychelles gewerk as ‘n “flyfishing guide” terwyl Monique in Johannesburg gewoon en gewerk het. As gevolg van die reisbeperkings was Rudolf geforseer om in Suid-Afrika te bly, en is so ook die geleentheid gegun om Monique ‘skelm’ te leer ken. Op daardie stadium was “liefdespermitte” nie amptelik uitgereik nie, so die heen-en-weer se reis van Meyerton na Roodepoort was uitdagend, maar noodsaaklik om mekaar gereeld te sien en te leer ken. Rudolf het glo reeds by die eerste braai geleentheid besluit dat Monique sy “girl” gaan wees, maar hy het ‘n paar maande later mooi gevra, en van toe af is die twee “gekeis” en onafskeidbaar. Hulle het vir amper 5 jaar daarna saam gebly, saam gekuier en saam gereis totdat Rudolf op 8 Februarie 2025 uiteindelik by die mees asemrowende uitkykpunt die GROOT vraag gevra het. Tans woon die paartjie in ‘n huisie in Henley-on-Klip saam met hulle twee hondjies Lola en Tjoppies. Hulle prioritiseer God, goedheid en klein gelukkies in hulle alledaagse lewe en is baie opgewonde om mekaar vir ewig lief te hê in die huwelik.

WAT JY MOET WEET OOR

Ons Groot Dag

14:00 - 14:50

Gaste Arriveer

15:00

Seremonie

16:00

Fotos & Verversings

16:15

Koek sny

17:45

Onthaal

18:00

Eerste Dans

18:10 - 18:50

Verwelkoming & Toesprake

19:00

Hoofgereg Bedien

20:00

Vrye Kuier

ONS HOOP OM JOU DAAR TE SIEN

RSVP

RSVP asseblief teen 15 Januarie 2026

Saterdag

21 Maart 2026

14:30 vir 15:00


Geskenk Wenk

Jou teenwoordigheid is ons grootste geskenk.
Indien jy tog wil bydra, sal ’n kontant hupstoot vir ons wittebrood ons harte vul.