ALGEMENE
Vrae & Antwoorde
Wat is die kleredrag?
Die kleredrag is formeel. Mans – pakke of baadjies met dasse; dames – formele rokke. Geen jeans asseblief
Hoe lyk die weer?
In die Vrystaat is gewoonlik sonnig en warm in Maart, maar die aande kan koel wees. Bring gerus ’n netjiese baadjie of serp vir later.
Wat van geskenke?
Jou teenwoordigheid is vir ons die grootste geskenk. Indien jy tog ’n bydrae wil maak, sal ons ‘n kontant bydrae baie waardeer vir ons wittebrood.
Hoe laat moet ek daar wees?
Ons vra dat gaste 30 minute voor die seremonie arriveer om rustig hul sitplekke in te neem.
Wie kan ek kontak vir navrae?
Vir algemene navrae:
- Judith Kilian – 071 998 88459
- Zarco Kilian – 081 289 9845
Vir navrae spesifiek oor die lodge:
- Kiki – 063 134 4718
Mag ek foto's neem tydens die seremonie?
Ons het ’n professionele fotograaf. Los asseblief jou foon in jou sak en geniet die oomblik saam met ons.
Mag ek 'n metgesel saambring?
Metgeselle is slegs welkom indien dit op jou uitnodiging aangedui is.
Hoe kom ek by die venue uit?
Sien “Venue & Akkommodasie” bladsy vir meer inligting. Die laaste gedeelte van die pad is nie geteer nie en kan ongelyk wees. ’n 4×4 of voertuig met hoër suspensie word verkies.
Kan ek my kinders saam bring?
Ons troue is slegs vir volwassenes. Neem asseblief die geleentheid om ’n lekker kuier saam met ons te geniet.
Wat moet ek saam bring?
Behalwe vir jou formele uitrusting vir die troue, bring ook gemaklike skoene, sonroom, ’n sonbril en iets warms vir die aand.
Waar vind die seremonie en onthaal plaas?
Die seremonie sal in die kapel plaasvind en die onthaal daarna binne by die lodge.
Mag ek 'n koelerboks bring?
Los jou koelerboks asseblief tydens die troue – daar is ’n kontantkroeg beskikbaar om almal se dors te les